Agtien jaar tronkstraf is deur die Prieska Streekhof aan Remarco Joseph opgelê, ná die verkragting van ‘n jong meisie in Prieska op Saterdag, 14 Maart 2015.
“Remarco met sy drie makkers het die slagoffer na bewering na ‘n huis in Rooiblock Prieska geneem en haar om die beurt verkrag en haar in die straat gelos.
’n Lid van die publiek het haar bygestaan deur die polisie in te lig en die vier verdagtes is in hegtenis geneem,” het polisiewoordvoerder Sersant Timothy Sam gesê.
Die Prieska-streekhof het Remarco op Maandag, 19 Februarie 2024 skuldig bevind op een aanklag van verkragting en hy is tot 18 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis.
Hy is onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit en sy naam sal in die Nasionale Register vir Seksoortreders opgeneem word.
