ANC Namakwa vier saam met antie Mottie haar verjaardag

 ANC Namakwa vier saam met antie Mottie haar verjaardag

Foto: Verskaf @Bertie Saal @ Ouma Mottie met raadslid Amos Palorie

Dinsdag 19 Julie het die ANC in Namakwa tyd geneem om die verjaardag van Ouma Mottie Adams in  Komaggas te vier.

Die party het dit goed geag om haar lewe te vier.

Anty Mottie het 101 jaar van verbintenis tot die bou van ‘n soliede gemeenskap gevier.

“Eer jou vader en jou moeder sodat jou dae verleng kan word,” was die boodskap van Bertie Saal.

“Vreugde, goedheid en guns Antie Mottie, julle het opofferings gemaak vir ons in moeilike dae, sodat ons vandag kan ‘n gemaklike lewe het. Daarom eer en vier ons vandag hierdie besondere mylpaal,” was Bertie se woorde aan haar.

Hy het beklemtoon dat hulle nie haar verjaardag as politiek maak nie, want dit sal nie reg wees nie, maar dat hulle ‘n groot verantwoordelikheid teenoor hul bejaardes het.

Die ANC sal en moet omgee vir alle bejaardes verduidelik Bertie Saal.

Die ANC in Namakwa wil van geleentheid gebruik maak, onder leiding van Voorsitter Mervin Cloete om Tannie Mottie geluk en voorspoed toe te wens.

“Julle is die hoekstene van ons gemeenskappe” was sy treffende boodskap.

Bernadine Hearn

Related post