Noenieput SAPD herdenk Mandela dag

 Noenieput SAPD herdenk Mandela dag

Foto: Verskaf @ Noord-Kaap SAPD

Die SAPD in Noenieput in samewerking met die plaaslike GPF en Gemeenskap in Blou het die Internasionale Nelson Mandela-Dag suksesvol herdenk deur “Treating the Elderly” van die Noenieput gemeenskap.

Die geleentheid het op Maandag, 18 Julie 2022 by Swartkopdam Burgersentrum in Noenieput plaasgevind.

“Die doel van die dag was om die bejaardes van beide Noenieput en Swartkopdam te bederf. Die program het begin met ‘n gebed deur die Voorsitter van die GPF, Mev Steenkamp en die verwelkoming deur die Vispol-hoof Adjudant- Offisier Marius Rispel,” het Sersant Omphile Masegela, woordvoerder vir die polisie gesê.

Die GPF-lede en Gemeenskap in Blou het dit op hulle geneem om die bejaardes met manikure, pedikure, voetskrop en masseer te behandel.

Hulle het na die klein bederf ontspan en koek en tee geniet.

Laastens, maar nie die minste nie, het die stasiebestuur klein Bybels oorhandig vir elkeen van hulle om by die huis te lees.

Masegela sê dat die projek is as ‘n groot sukses beskou aangesien die bejaardes dankbaar en gelukkig was vir die dag. 

Bernadine Hearn

Related post