Komaggas inwoner vier haar 101 ste verjaarsdag

 Komaggas inwoner vier haar 101 ste verjaarsdag

Foto: Verskaf @Ricardo Zebulon: Ouma Mottie

Catherine Adams, beter bekend onder die inwoners van Komaggas as ouma Mottie, het haar 101 ste verjaardag op Dinsdag 19 Julie 2022 gevier.

Die Sonskyn Bejaardeklub het saam met haar die makietie geniet.

Ds. Christo Present van die Calvyn Protestante Kerk was die program direkteur.

Ouma Mottie maak nie gebruik van ‘n kierie om rond te beweeg nie en sy drink ook geen pille nie, maar het oor die jare heen van haar gehoor verloor.

In oom Willem se gebed spreek hy sy dankbaarheid teenoor God uit, dat hulle uitgespaar is en hy prys die Here vir ouma Mottie se lewe en dat Hy haar die krag gegee het hier toe en dat Hy nog saam met haar sal wees.

Ds. Present het die Woord bedien en saam met oumie Mottie se verjaardag was ouma Naomi s’n ook gevier, waar sy op 14 Julie 88 jaar oud geword het.

“Die Bybel sê dat ons jare 70 is en 80 dat jy ‘n sterk persoon is en dat die res soos in die rugby is beseringstyd is, en daarna kom die siektes. Ouma Mottie het geen siektes nie, net haar gehoor wat net nie so lekker is nie,” het ds. Present gesê.

Ds. Present het uit Ps 144 gelees, gebede van oorwining en ‘n beeld van toekomstige seën. Dawid eien niks vir homself en gee alles aan die Here.

Verlede jaar het sy 100 geword en dit was tydens Kovid-tyd.

‘n Spesiale portret was aan ouma Mottie oorhandig deur die gemeenste van die Calvynse kerk op Komaggas.

Kowa haar dogter, sê dat haar ma by haar is en eindelik oraait is en net by die huis is.

Sy wil nog self haar eie goed doen.

“Toe ek 70 jaar oud was, het ek baie siek geraak en ek het God gevra wat is U plan vir my lewe. Ek is bevoorreg om mamma by my te kan hê. My versoek aan God was dat Hy eers vir mamma moet vat en dan vir haar, want wat sou van mamma word as ek eerste moes gaan? God het Homself keer op keer bewys,” het Kowa gesê.

Op die ouderdom van 90 het ouma Mottie by haar dogter gaan woon en jy kon agter kom dat sy uitgeput was en Kowa het gedink dat haar ma dit nie sal maak nie.

Op 90 het ouma Mottie nog haar suster opgepas wat 80 jaar oud was.

Wat sy gevra het om deel te word van die bejaardeklub het sy onmiddelik ja gesê, en sien vreeslik daarna uit om saam met die bejaardes te kuier.

Haar skoonseun Willem sê dat sy skoonma meer gesonder as hy is, dat sy soggens vroeg opstaan, en hou vreeslik van vars lug en water.

Hy voeg by dat sy nie ‘n lê-mens is nie, en dat hulle geensins deur die nag hoef op te staan en haar te gaan monitor nie.

Bernadine Hearn

Related post