”Antie Katriena” maak golwe in Port Nolloth.

 ”Antie Katriena” maak golwe in Port Nolloth.

Warren Louw of Antie Katriena soos hy al om bekendstaan, het gisteraand tydens n glansgeleentheid by die Port Nolloth Drop Inn Centre, die langverwagte tweede seisoen van Antie Katriena bekendgestel.

Louw, oorspronklik van Sandrift in die Richtersveld het op Alexanderbaai sy hoërskoolloopbaan in 2007 voltooi.

Hy vertel beleefd hoe hy nog altyd wou deel wees van die vermaaklikheidsbedryf, hetsy op die silwerskerm of in die media industrie.

Dit was na n tyd van intense navorsing en baie gebede asook probeerslae, dat hy gesien het mens kan in al wat ‘n ding is spesialiseer in die bedryf.

Louw sê dat hy vir agt jaar in die Suid Afrikaanse Polisiediens gedien het.
Sy droom om ‘n vermaaklikheidster te word, het egter nooit sy voorstoep verlaat nie.

Louw het die bul by die horings gepak en ‘n Kaapse agent aangestel, om hom te help om sy voet in die deur te kry.

Om dit groot te maak in media het mens soveel meer nodig as net talent, weet Louw. Hy vertel dat hy nie altyd suksesvol was in wat hy gedoen het nie, maar die gedagte van opgee was nie deel van die plan nie.

Verder het hy altyd probeer om nuwe maniere te vind om op ‘n relevante manier in die bedryf te floreer.

Dit was toe dat hy besluit het om ”Antie Katriena” te skep, wat deur homself gespeel word. Hy het ‘n Facebook-blad geopen en sy komieklike video’s begin plaas. Die ondersteuning en ontvangs van die publiek was so groot dat meeste van sy plasings viral gegaan het.

Louw se boodskap aan sy aanhangers en volgers is duidelik, moet nooit ophou om jou drome na te jaag nie.

Louw het saam met Justin Esau saamgewerk om ‘n reeks van agt episodes te skep. Seisoen Twee van die Antie Katriena storie is gisteraand bekendgestel.

Op Vrydag, 11 Maart gaan Louw en sy span die bekendstellingseremonie bring na Springbok Inn hotel om ses uur namiddag.

Kaartjies is beskikbaar by Warren Louw, via WhatsApp @063 737 0211

Azelle Engelbrecht

Related post