Namakwa teken geen nuwe Kovid-19 gevalle aan nie

 Namakwa teken geen nuwe Kovid-19 gevalle aan nie

https://www.google.com/url?sa=i&url=https%3A%2F%2Fwww.yalemedicine.org%2Fnews%2Fcovid-19-glossary&psig=AOvVaw0RXJFeI-FjOT0-Yu-UzT0X&ust=1643876191270000&source=images&cd=vfe&ved=0CAsQjRxqFwoTCJj985rK4PUCFQAAAAAdAAAAABAD

In die jongste verslag periode wat deur die ministerie van gesondheid aangekondig was, het die Namakwa distrik geen nuwe Kovid-19 gevalle aangeteken nie.

Die Namakwa distrik se kumulatiewe totaal bly dus onveranderd op 16 322, met 14 596 genesings.

Die sterftes in diè distrik bly op 312, met 1 414 aktiewe gevalle. 

Die Noord-Kaap se nuwe KOVID-19 gevalle is 10, wat die totaal te staan bring op 108 481.

Die sterftes weens KOVID-19-komplikasies staan op 3 212.

Die genesings ten opsigte van die virus is 100 851 en die provinsie het 4 418 aktiewe gevalle.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes het die jongste Kovid-19-syfers bekendgemaak.

In Suid-Afrika is agthonderd-en-een nuwe Kovid-19 gevalle bevestig.

62 Covid-19 verwante sterftes is aangeteken, waarvan ses in die afgelope 24 tot 48 uur aangeteken is.

Dit beteken die totale dodetal in Suid-Afrika staan op 99-duisend-609 staan.

Die toetspositiwiteitskoers het weer gedaal en is vyf-komma-vyf persent.

‘n Toetspositiwiteitskoers van minder as vyf persent is ‘n aanduiding dat die verspreiding van die virus onder beheer is

Bernadine Hearn

Related post