”Kopf Kids” in die huis!

 ”Kopf Kids”  in die huis!

KOPF KIDS ENTERTAINMENT is ‘n plaaslike platemaatskappy op Steinkopf, wie se doel is om die jeug op te hef en om die plaaslike kunstenaars te bemagtig.

Hulle wil ‘n platform gee waar hulle hulself ten volle deur middle van kuns kan uitdruk.”

Só vertel die twee stigters van die Kopf Kids groep, Devondrè Smit en Roberto Pike wat in 2021 die inisiatief geneem het om die platemaatskappy tot stand te bring.

Die platemaatskappy is geskep sodat plaaslike kunstenaars hulself vrylik musikaal kan uitdruk en volle beheer oor hul kreatiwiteit kan hê.

Die twee voel ook dat dit uiters belangrik is vir kunstenaars om volle regte op hulle musiek te hê.

Hierdie jong manne het almal verskillende ervarings en uitdagings met musiek en die vermaaklikheidsindustrie in geheel gehad.

Die gemene uitdaging was egter dat hulle nie ‘n platform gehad het om hulself te bevorder nie. Hulle het die behoefte aan ‘n winsgewende ruimte raakgesien en besluit om daaraan te werk.

Kopf Kids Entertainment bestaan ​​uit Devondrè Smith (WoniemusicSA), Joëvin Engelbrecht (Joey Joe) en Zahir

Hierdie kragtige musiektrio, wat nou besigheidseienaars is bring almal iets anders en uniek na die tafel. Kopf Kids Entertainment fokus op verskillende genres en musiekstyle. Hulle glo in goeie werksetiek en effektiewe kommunikasie.

Soos elke ander kunstenaar moet hulle ook gebuk gaan onder die gebrek aan inspirasie en skrywersblok.

Zahir druk sy musikale reis uit as iets geesteliks, terwyl die perfeksionis Devondrè voel sy werk is meer tegnies .

Hierdie jong kunstenaars wil hul eie loopbane in die vermaaklikgheidsbedryf vestig deur middel van musiek en beplan om hoofstroomkunstenaars te word.

Hulle voel dat, hoewel dit belangrik is om jou droom na te jaag, mens altyd ‘n rugsteunplan in plek moet hê, “iets op op terug te val”.

Daarom probeer hulle hulself ook finansieel ophef om ten einde onafhanklik hul besigheid suksesvol te kan bedryf.

Die Kopf Kids groep het tydens ‘n onderhoud met Kokerboom Media se Jou Storie laastens gevra vir die gemeenskap se ondersteuning en ook vir talentvolle jong kunstenaars om in kontak met hulle te kom.

Azelle Engelbrecht

Related post