’n Multi-dissiplinêre intelligensie-operasie gelei deur lede van Springbok K9-eenheid, Kammieskroon Sigbare Polisie en Springbok Openbare Orde Polisie het op vetplante met ’n geraamde straatwaarde van meer as R200 000 toegeslaan en ’n 28-jarige manlike verdagte agter tralies gesit.

“Lede het intelligensie geoperasionaliseer en op die verdagte se perseel vir vetplante op ‘n plot by Kharkams toegeslaan. Die polisie het inligting ontvang oor die verdagte wat in besit was van vetplante op sy erf in Kharkams. Tydens die klopjag het die lede die verdagte in besit gevind van 3000 vetplante asook een rondte geweerammunisie,” het polisiewoordvoerder, Kaptein Olebogeng Tawana, gesê.

Die verdagte sal na verwagting binnekort in die Kammieskroon-landdroshof verskyn op aanklag van handel in bedreigde plante en die onwettige besit van ammunisie.

Die stasiebevelvoerder van die Kammieskroon-polisiestasie, Kaptein Gert Coetzee het lede wat by die operasie betrokke was, geloof vir die inhegtenisneming van die verdagte.

Die polisie in die Namakwa-distrik sal onverpoosd voortgaan om die ruimte vir misdadigers om te werk te knyp en te verhoed dat hulle die natuur van hierdie inheemse plante stroop.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *