Geheimsinniglik het Konstabel Dorothy Swartz en Lucinda Raymond ‘n sewentigste verassings partytjie vir Dennis Coetzee beter bekend as “Ou D” gereël.

Die spoggerige geleentheid het plaasgevind by Whispering Palms op Nababeep.
Konstabel Swartz het genoem dat Ou D het nog nooit so baie smiles gehad nie.

Wanneer “Ou D” ‘n program aanbied dan daag die gemeenskap by die hordes op en wanneer hy gaste uitnooi vir sy program wat hy aanbied op Radio Nfm, Kopskyf daag sy gaste ten alle tye op.

Dit is die gemeenskap aktivis wat hy is, wat ‘n indruk in so baie gemeenskappe se lewe in en buite die Namakwa- Distrik gemaak het.

Eerwaarde Redge van Schalkwyk, sê as jongseun wou hy so graag vir Ou D ontmoet het en eendag sien hy die man met die langhare en hy was pure opgewonde, want hy het sy held gesien.

“Ou D raak siek en lê in die hospitaal en ek kry die geleenteheid om vir hom te gaan bid en te salf en daar ontmoet ek my rolmodel,” het eerwaarde Redge bygevoeg.

Sewentig jaar is nie te versmaai nie.

Gloria Koopman van Nababeep Gemeenskapspolisïeringforum (GPF) het gesê dat Jesus alreeds vroeg deel van die verrigtinge was en dat die atmosfeer lieflik was.

“Ek is totaal en al verbaas, want hier kan ek die een sien en daardie een. Ek het net ‘n eerste kans gekry, en hier lyk dit of ek ‘n tweede kans gekry. My ma het 85 jaar oud geword, my twee broers Ivan en Boetie het nie 70 gehaal nie,” het Ou D in ‘n ligte luim gedeel.

Op Coetzee se verjaardag is hy 29 jaar deel van die GPF en dit sonder vergoeding.

Raymond het genoem dat Ou D vir haar soos ‘n pa, en ‘n mentor is, dat hy altyd daar is vir haar wanneer sy hom nodig kry.

Haar wens vir hom is dat hy goeie gesondheid en geluk sal geniet.

Almal het die dieselfde te sê gehad van Dennis e ndat hy ‘n omgee persoon is, dat hy lief daarvoor is om van homself met almal te deel.

Hy het ‘n groot bydrae gelewer tot die sukses van vele sportsterre en self tot op dié ouderdom van 70 gee hy nog sy alles vir tennis.

Baie verwys ook na hom as Oom Dennis, Tennis.

Hy is lief daarvoor om altyd ‘n persoon te vereer met ‘n sertifikaat wat ‘n verskil maak in sy of haar gemeenskap.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *