Verdagte twaalf jaar gevangenis opgelê vir poging tot moord

 Verdagte twaalf jaar gevangenis opgelê vir poging tot moord

https://en.wikipedia.org/wiki/South_African_Police_Service

Die Noord-Kaapse waarnemende provinsiale kommissaris, Generaal-Majoor Koliswa Otola het die twaalf jaar tronkstraf verwelkom wat deur die Mothibistad-streekhof aan Pogisho Moagi(28) opgelê is.

Pogisho is skuldig bevind op ‘n aanklag van poging tot moord.

Tydens hofverrigtinge het dit geblyk dat die beskuldigde na die 58-jarige vrou se huis gegaan het en geëis het om haar dogter te sien wat op daardie stadium die beskuldigde se meisie was.

Die voorval het op 5 November 2021 omstreeks 19:00 by Manyeding-dorpie naby Mothibistad gebeur.

“Die argument tussen die beskuldigde en die 58-jarige slagoffer het ontstaan toe sy hom geweier het om haar dogter te sien. Hy het ‘n skêr uitgehaal en die slagoffer verskeie kere in die bolyf gesteek. As gevolg van die aanval is die slagoffer permanent verlam,” het polisiewoordvoerder, kaptein Olebogeng Tawana gesê.

Die beskuldigde is kort na die voorval in hegtenis geneem en is op borgtog van R1000,00 vrygelaat.

Op Woensdag, 20 Julie 2022 is die beskuldigde skuldig bevind soos aangekla en op Donderdag, 21 Julie 2022 tot twaalf jaar gevangenisstraf gevonnis.

Generaal-majoor Otola het die ondersoekbeampte, sersant Thabo Phiri, geloof vir uitstekende ondersoekwerk en vir die sinergie wat hy aan die dag gelê het deur saam met die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) en Departement van Justisie (DoJ).

“Die gevonnisdes sal as afskrikmiddel dien vir oortreders wat geslagsgebaseerde geweld pleeg.”

Bernadine Hearn

Related post