Terwyl Radio NFM gereedmaak om hul 20ste bestaansjaar te betree, kom die nuwe era met groot opwinding.
Vele uitdagings wat nog gereeld by Radio Nfm en soos by enige ander instansie voorkom, word oorkom.
Wanneer vennote, borge en klïente met jou hande vat, in die geval om Nfm toe te rus om op internasionale vlak te laat floreer, met gereedskap om die stasie tot hoër hoogtes te neem.
Dit gaan gepaard met blydskap en hoop.
Die radiostasie is nou besig om na nuwe sagteware en rekenaartoerusting te migreer en omroepers, tegnikusse en bestuurslede is alreeds die afgelope twee weke intensief besig met opleiding.
Die doel daarvan is om die nuwe hoogs kwaliteit tegnologie te verstaan om ‘n beter diens vir Radio Nfm se luisteraar daar te stel.
Hierdie groot stap is moontlik gemaak deur die borgskap deur SASOL.
Opleiding is aan die omroepers verskaf deur twee kontrakteurs wat deur SASOL aangestel is naamlik, MINT FRESH wat verantwoordelik is vir die opleiding van die omroepers en RCS Radio Computing Services, die maatskappy wat uitsaaisagteware vir radio en televisie ontwikkel.
“Ons het die RCS G-Selector en Zetta geïnstalleer. G-Selector is die musiek- en nie-musiek skeduleringstelsel. Ons gebruik G-Selector om die stasie te programmeer en verseker dat ons akkuraat sal kan rapporteer aan die statutêre huise soos ICASA, SAMRO RISA,” het konsultant van Mo Mokoatsi Solutions (Edms.) Bpk, gesê.
Zetta is ons digitale speel stelsel, wat on-air omroepers lei om inhoud op die lug te lewer.
Die stelsel help om advertensies betyds te speel en om akkuraat aan agentskappe te rapporteer.
Elke advertensie wat op die stasie se hot clock geskeduleer is, sal presies gespeel word op die tyd wat dit geskeduleer is.
Die bestuurspan, stasiebestuurder, programbestuurder, samesteller en IT-tegnici het in die eerste week opleiding ontvang.
“In die tweede week, was omroepers Maandag en Dinsdag opgelei. Woensdag, 16 Augustus om 12h00 was daar oorgeskakel na die RCS Zetta. Daar was ‘n gladde oorgang na die RCS-stelsel, en tot dusver loop alles glad en soos verwag,” het Mokoatsi gesê.
Mo is steeds verseker dat die stelsel glad verloop en dat sou enigiets verkeerd loop, hy dit vir die stasie sal kan uitsorteer.
In die provinsie is NFM die derde gemeenskapsradiostasie wat na die RCS-stelsel opgradeer.
Riverside was die eerste een wat opgegradeer het, Kurara FM het aangesluit, en nou is dit Radio NFM.
Die transformasie kom te midde van die viering van twee dekades.
“Radio Nfm direksie bestuur wil ons opregte dank uitspreek teenoor die belegging wat gedoen is deur SASOL, Mint fresh, VZI om Nfm toe te rus met sagterware en hoë kwaliteit rekenaars wat die radiostasie sal toelaat om nog ‘n beter diens daar te stel. Uitsaai grote met sein word tans ook aangebring,” het Brunhild Strauss, stasiebestuurder gesê.
Intussen is SASOL en Vedanta Zinc International wat met Radio Nfm ‘n vennootskap gesmee het, besig om seinverspreiding van die radio te versterk en uit te brei.
Binnekort sal NFM met die seinverspreiding wat vergroot word, deur die installering van senders in areas soos Khai Ma (Wat reeds deur Vedanta Zinc International befonds is) Richtersveld, en Kammiesberg, die grootste radio sein verspreidings oppervlakte as ‘n gemeenskaps radiostasie sal dek in die land.
Sasol is die tweede grootste nywerheidsmaatskappy in die land en een van die grootste multinasionale maatskappye wat hulle oorsprong in Suid-Afrika het.
“NFM is bevoorreg om met die nuwe verwikkeling opgewonde te wees wat met beter klank kwaliteit en effektiewe omroepersvaardighede gepaard gaan, glo ons dat Radio Nfm slegs van krag tot krag sal gaan. Radio Nfm 98.1 kan nou as Namakwaland se radio stasie mee ding op ‘n internasionale vlak en sodoende gemeenskap te bereik en bou soos nog nooit tevore,” het Strauss gesê.
Radio Nfm nooi ook die gemeenskappe van die onderskeie munisipale areas uit soos per sein verspreidings grense, om meer betrokke te raak.
Die uitroep vir jong en opkomende joernaliste asook aspirant omroepers word gedurig benodig.






