Die Burgemeester van die Ricthersveld plaaslike munisipaliteit, Raadslid Cornell Knoph gaan vandag in Eksteenfontein die Burgemeesters Imbizo aanbied vir lede van die gemeenskap.

Gister het die kantoor van die burgemeester ‘n knock and drop op Eksteenfontein gedoen, hulle het pamflette uitgedeel wat gelei het tot die opbou van vandag se Imbizo.

Inwoners van die munispale regsgebied was aangemoedig om die Imbizo by te woon en gebruik te maak van departementele dienste wat teenwoordig gaan wees.

Hulle is GCIS, Gesondheid, Onderwys, Samewerkende regering, Ekonomiese sake, Openbare werke, Vervoer Veiligheid en Sakakeling, Binnelandse Sake, Korrektiewe Dienste. SASSA, Sport Kuns en Kultuur, Justisie, Landbou, Omgewingsake, Landelike Ontwikkeling, Arbeid, Suid- Afrikaanse Polisiediens, OVK, Namakwa- Distrik munisipaliteit.

Die Imbizo gaan om 10uur begin by die Eksteenfontein Gemeenskapsaal, Wyk 1 Richtersveld.

 

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *