Op 10 en 11 November 2022 het die African Snakebite Institute (ASI), en die Black Mountain Complex Biodiversiteitsdepartement saamgewerk om ‘n Slangbewustheidsopleiding aan te bied.

Die program was binne die myn se bedrywighede en Aggeneys-gemeenskap aangebied.

Die doel van die opleiding was om bewustheid te kweek en kennis te versprei oor die hantering van giftige slange en Noodhulp in die geval van ‘n slangbyt.

Alle deelnemers kon op hul gemak wees en gemaklik leer, want die ASI-instrukteurs was so saamgestel en kundig oor die hantering van slange.

Hulle was versteen aan die begin van die sessies, wou nie  naby die slange kom nie – op die einde van die dag was hulle gefassineer met die slange en was gretig om te leer hoe om hulle te hanteer.

Die Noord-Kaap het vyf-en-vyftig verskillende soorte slange.

Twintig spesies is nie giftig nie, terwyl twaalf taamlik pynlike byte kan toedien.

Sewe spesies is as potensieel dodelik beskou.

IN DIE GEVAL VAN ‘N SLANGBYT

1. Hou die slagoffer kalm, geïmmobiliseer en vervoer die slagoffer na die naaste hospitaal sonder om te versuim.

2. As die slagoffer ophou asemhaal, wend kunsmatige asemhaling toe of maak gebruik van ‘n sakklepmasker.

3. Bel die Gifinligtingsentrum se hulplyn vir verdere advies: 0861 555 777.

MOENIE

• ‘n toerniket toe pas;

• sny en suig die wond;

• gebruik ys of baie warm water;

• gee die slagoffer alkohol;

• elektriese skok toe te pas;

• spuit teengif lukraak in.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *