Die formulering van Black Mountain Myn se derde generasie Maatskaplike en Arbeidsplan (MAP) vir die tydperk 2024-2029 is aan die gang.
Die myn nooi die gemeenskap uit en moedig hul betekenisvolle deelname aan vir die formulering van die Maatskaplike en Arbeidsplan deur die gemeenskapsinsettevorm te voltooi.
Die vorms is beskikbaar vir voltooiing en indiening by die gemeenskapskakelbeampte kantore of kan voltooi en direk per e-pos gestuur word na: Compliance@vedantaresources.co.za Vorms vir Aggeneys Gemeenskap is beskikbaar en kan ingedien word by die Munisipale Dienspunt in Aggeneys, langsaan die Polisie Stasie.
Sluitingsdatums vir Maatskaplike en Arbeidsplan gemeenskapsbydraes is 06 September 2024 om 13h00.
“Maak asseblief seker dat u alreeds u idees voor of op hierdie datum indien. Wees op die uitkyk vir verdere kommunikasie rakende die volgende rondte SLP konsultasies in u gemeenskap en kom ons transformeer ons gemeenskappe saam,” het die Black Mountain Bestuur gesê.