Candice Jacobs maak groot naam in die plaaslike musiek-industrie.

 Candice Jacobs maak groot naam in die plaaslike musiek-industrie.

Wie sou ooit kon dink dat die Richtersveld sò ‘n smaakvolle en elegante stemtalent kon bore?

Moeder, model en musiek-kunstenaar, Candice Jacobs, is die talent van die Richtersveld, uit die dorpie Sandrift, wat al vir jare groot naam gemaak het in Namakwaland.

Jacobs was in haar jongmeisiedae gekroon as Mejuffrou Namakwaland, en is een van die eerste skoonhede wat soveel opslae gemaak het, na die kompetisie.

Hierdie jong vrou het geen gebrek aan talent nie en haar musiekloopbaan het nie lank daarna vlamgevat nie.

Sy het ook in die tussentyd haar pragtige sangstem, in ‘n radiostem vermom as omroeper by die plaaslike draadloos, NFM 98.1.

Jacobs is een van die jong roue wat vele in Namakwaland inspireer om beter te doen.

Sy is alreeds deur soveel, maar bly altyd positief en kyk met geen twyfel na die blink toekoms voor haar.

Jacobs is nooit bang om uit haar foute te leer nie.

Candice bestempel haarself as ‘n all-rounder en wy altyd haar energie toe aan vroulike bemagtiging, en regverdige geleenthede.

Sy glo dat selfvertroue baie belangrik is wanneer dit by die vermaaklikheidsindustrie kom.

Haar droom is om ‘n voltydse kunstenaar te wees .

“Een van my doelwitte is om te leer klavier speel, want ek voel ‘n soort spesiale verbintenis met die klavier,” het sy beleefd vertel.

Jacobs voel dat kunstenaars saam moet werk, mekaar ondersteun, en saam groei.

Haar gevoel is dat die hoofstroomkunstenaar, die ontwikkelende kunstenaar moet help om hul vlak in die media te bereik.

Candice is ‘n lewende bewys van emosionele uithouvermoë en werk hard daaraan om haar drome ‘n werklikheid te maak.

Sy het onlangs ‘n platekontrak by Kokerboom Media Produksies losgeslaan en om begin voltyds aan haar musiek te werk.

“Hou hierdie spasie dop. Sy is ’n Ster in wording met groot doelwitte”, sê  Fabian Carroll, adjunk voorsitter van Kokerboom Media Produksies.

Azelle Engelbrecht

Related post