Jaarliks word Oktobermaand beskou as borskanker maand, dit is in diè maand wat daar meer gefokus word op die opvoeding van die kanker.
Jane Damon van Steinkopf het haar reis met boskanker gedeel.
Op 24 Mrt 2021 het sy gesien dat haar regterbors ingeduik het en het self ondersoek gedoen.
Met die self ondersoek het sy gevoel dat daar ‘n knop in haar bors is.
“Op daardie oomblik het ek net geweet dat dit kanker is omdat ek n familie geskiedenis van borskanker het,” het sy gesê.
Ten spyte van die ontdekking was sy in totale verwarring en baie vrae het by haar opgekom; “Hoe nou? Na wie wend ek my? Ek wou dit nie eens aan my dogters noem nie.”
Daarna het sy haar plaaslike kliniek besoek en was verwys na Kimberley hospitaal, maar as gevolg van transport was die afspraak gekanselleer, intussen het haar dogter met ‘n Dokter by Grootte Schuur hospitaal kontak gemaak.
Mei 2021 het sy ‘n dokter daar gaan sien, Junie dieselfde jaar was sy weer by die hospitaal vir ‘n mammogram, biopsie en ‘n sonar wat gedoen.
In Junie het sy nuus ontvang dat dit wel kanker is.
“Julie moes ek weer gaan vir n sonar en bloed word getrek, waarvan ‘n datum bespreek was vir ‘n operasie, in die tussen tyd het daar baie trane gevloei, want hoekom ek? Hoekom nie iemand anders nie?” voeg sy by.
In Augustus 2021 ondergaan sy ‘n enkel mastektomie.
Dit was nie vir haar ‘n aangename gevoel nie toe ek wakker word, want sy het tot die besef gekom dat sy nou net een bors het en sy het soos ‘n halwe vrou gevoel.
Sy moes vrede maak daarmee want sy het haarself gesê dat sy nie die eerste vrou en ook nie die laaste een sal wees.
September 2021 gaan sy vir ‘n opvolg ondersoek en word op ‘n ses jaar behandeling geplaas, en vroeg in November 2021 het sy weer die dokter gaan sien, sodat haar behandel bespreek kon word.
Middel November begin sy met bestraling vir 3 weke elke dag, na die behandeling is ek meegedeel dat die kanker nou in remissie is en ek besoek jaarliks ‘n dokter vir opvolg ondesoeke.
“Dit was ‘n moeilik prose vir my omdat ek baie pyn verduur het, maar ek kon en doen dit nogsteeds daagliks om dankie vir onse Here te sê dat Sy genade vir my genoeg is. Elke glimlag of traan of vreugde is iets om voor dankbaar te wees. Die lewe hou op as mens ophou veg, die geveg eindig as jy nie meer wil opstaan, hoop eindig wanneer jy ophou glo, bid en vertrou,” het Damon gesê.
Sy sluit af die deur die volgende te deel; “Ek wil jou ook byvoeg dat die velkanker weer kop uitgesteek het by my,ek sit met ‘n gewas by my neus en volgens die dokters my verlede maand in Kimberley gesê het staar ‘n groot operasie in my gesig iewers op die horison.
