Die breë familie en gemeenskap van ouma Mina Carolus van Matjieskloof betreur die heengaan van op Saterdagaand, 21 Oktober 2023, waar sy haar laaste asem op 95 uitgeblaas het.

Sy was die oudste inwoner van die dorp.

Die laaste paar maande van haar lewe was sy bedlêend, waarvan sy die naweek na Moedersdag die jaar besluit het dat sy nie gaan opstaan nie.

Haar jongste dogter by wie sy die laaste paar jaar gewoon het, het haar toe maar gelos, omdat dit alreeds daardie tyd koud was.

Sy het afgekoelde kookwater gedrink gedrink en het later gesê dat dit bitter smaak, wat daartoe gelei het dat sy ‘n liefde vir vonkelwater ontwikkel het en wanneer sy dit gedrink het, het sy haar mond so geklap omdat die water heerlik vir haar was.

By dit was sy ook lief vir Fanta en jellie.

Mettertyd het sy haar smaak verloor en nie meer so goed geëet nie.

Nadat sy siek geword het haar dogter wat ‘n mediese agtergrond het, agter ouma Mina kom kyk.

Anita Carolus, een van ouma Mina se dogters vertel dat haar ma ‘n baie eenvoudige en tog netjiese mens was, en was boonop baie lief vir mooi klere en skoene.

By dit was sy baie ingestel op haar hare ook gewees, sy het atyd gesê maak julle my hare vas of sit ‘n doek op.

“Wat ek wil onthou van my ma is dat sy ‘n gebedsvrou was, en ek dink ek het baie vir die Here gevra, hou my net daar in die spoor van my ma, sodat ek nooit van u af sal wegdwaal nie,” het Carolus gesê.

Hulle moes altyd in hul spoor trap omdat ouma Mina baie presies was en dat hulle die regte ding moes doen.

Anita het mielies sorgvuldig voorberei en vir haar ma geneem omte hoor dat die mielies nog nie sag genoeg gekook is nie.

Sy het ageterna so sleg daaroor gevoel, want sy het dit met liefde en sorg voorberei.

Sy het gehoop dat haar ma dit sou geniet.

Haar begrafnis sal die komende naweek (Saterdag, 28 Oktober plaasvind), want sy het altyd gesê dat sy nie lank wil lê as sy afgesterf het.

Die familie wil haar wens respekteer en die huisdiens sal om 7uur wees, 8uur by die kerk.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *