Die Mothibistad-polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag, nadat 11 mense Sondag dood is in ‘n tragiese botsing, op die N14 buite Kuruman.
‘n Audi en Volkswagen Golf was betrokke in die noodlottige ongeluk.
‘n Woordvoerder vir die polisie, Kaptein Olebogeng Tawana, het bevestig dat die ongeluk omstreeks vyfuur Sondagnamiddag plaasgevind het, en al die insittendes van beide voertuie is op die toneel dood verklaar.
“Al elf oorledenes het aan hul beserings beswyk as gevolg van die impak van die botsing. Die oorledenes is almal op die toneel dood,” het Tawana gesê.
“Al elf oorledenes was van albei voertuie. Hulle het aan hul beserings beswyk as gevolg van die impak van die botsing. Die oorledenes is almal op die toneel dood,” het Tawana gesê.
Hy het bygevoeg dat ‘n voorlopige ondersoek daarop dui dat een van die voertuie met die aankomende voertuig gebots het, toe dit probeer verbysteek het.
“Daar word geglo dat ses passasiers in die Audi gery het, terwyl vyf mense in die Volkswagen Golf was. Die identiteit van die slagoffers sal bekend gemaak word sodra hul naasbestaandes in kennis gestel is.”
Die ondersoek duur voort.
