Die Noord-Kaapse provinsiale kommissaris, Luitenant-Generaal Koliswa Otola, het die 20 jaar tronkstraf verwelkom wat die 34-jarige Dawid Jacobus Dallar deur die streekhof in Carnarvon opgelê is.

Dallar is op Vrydag, 2 September 2022 skuldig bevind op ‘n aanklag van poging tot moord, nadat hy sy 26-jarige lewensmaat verskeie kere op die bolyf gesteek het.

Kaptein Olebogeng Tawana, Noord- Kaapse polisiewoordvoerder het bevestig dat die getuienis wat voor die hof gebring is, het aan die lig gebring dat die beskuldigde sy maat 14 keer op die bolyf gesteek het, insluitend in die rug, bors en in die maag.

Beide die beskuldigde en die slagoffer het saam as lewensmaats gewoon.

“Op 7 Mei 2022 het die twee gestry oor ‘n R50.00. Dallas was onder die invloed van drank tydens die pleging van misdaad. Die voorval is by die Carnarvon-polisie aangemeld en sers Marlon Eksteen is aangewys om die saak te ondersoek,” het Tawana gesê.

Hy het die arrestasie op dieselfde dag van die misdaad bewerkstellig en op Vrydag, 2 September 2022 het die beskuldigde skuld beken op die aanklag van poging tot moord en is tot effektiewe 20 jaar gevangenisstraf gevonnis.

Hy is ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.

Die Noord-Kaapse provinsiale kommissaris, Luitenant-Generaal Koliswa Otola het die ondersoekbeampte, Sers. Marlon Eksteen, geloof vir die noukeurige ondersoek en vir die samewerking met die nasionale vervolgingsgesag en departement van justisie om te verseker dat die beskuldigde uit die genootskap verwyder en opgesluit word.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *