ZF Mgcawu-distrik loods Geestelike Misdaadvoorkoming

 ZF Mgcawu-distrik loods Geestelike Misdaadvoorkoming

Foto: Verskaf @Noord-Kaap SAPD

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens in die ZF Mgcawu-distrik het die Geestelike Misdaadvoorkoming op Woensdag, 20 April 2021 bekendgestel.

Woorvoerder vir die polisie, Sersant Omphile Masegela, het bevestig dat die program onder leiding van Kolonel Maggy Ndzutha, is by Upington Mess gehou, en bygewoon deur stasiebevelvoerders, vispol-hoofde, die GPF en geestelike leiers.

“Luitenant Kolonel Itumeleng Pudule het die konsep aan die stasiebestuur uiteengesit en klem gelê op die implementering van die strategie op stasievlak deur positiewe verhoudings met die betrokke strukture in die bekamping van misdaad te bou,” het Masegela gesê.

Die bywoners het ‘n geleentheid gehad om insette te lewer soos die program vorder en was positief oor die sukses van die inisiatief.

Bernadine Hearn

Related post