Die gemeenskapslede in die Nama Khoi regsgebied se hulp word gevra om na vore te kom met inligting, rondom die verdwyning van ‘n vermiste persoon.
Andre Cyster (25), wat woonagtig was op Matjieskloof, buite Springbok het verlede Saterdag die huis verlaat en is sedertien nog nie gesien nie.
Volgens ‘n betroubare bron was Andre oppad Bergsig toe, maar het nooit daar aangekom nie.
Andre was laas gesien geklee in ‘n blou denim hemp, ‘n swart denim jean en blou Ellesse tekkies.
Gemeenskapslede word versoek om na vore te kom met inligting oor waar Andre homself kan bevind.
Enigiemand met inligting oor Andre Cyster se verdwyning word versoek om Shirley Brussel Hodman te kontak by 074 488 7127, of die volgende alternatiewe nommers, 078 146 2210 / 076 820 6040, of hul naaste polisiestasie.
