Buitelander geboei vir R170 000 se dagga

 Buitelander geboei vir R170 000 se  dagga

Foto: Verskaf @Noord-Kaap SAPD

‘n Tanzaniese-burger is verlede Donderdag, 17 Maart 2022 aangekeer deur die polisie nadat hy in besit was van dagga, met ‘n beraamde straatwaarde van R170 000.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Kaptein Olebogeng Tawana, het bevestig dat die Kimberley Openbare Orde polisie op die verdagte se woning in Lerato Park op Roodepan toegeslaan het.


“Tydens ‘n intense deursoekingsproses het die polisie dagga van 13,20 kg gevind en daaroo beslaggelê. Die polisie het ook kontant – wat vermoedelik die opbrengs van die handel in dagga is – gekonfiskeer,” het Tawana gesê.


Die verdagte sal na verwagting binnekort in die Kimberley-landdroshof verskyn op ‘n klagte van dwelmhandel.

Bernadine Hearn

Related post