Die Noord-Kaapse Suid- Afrikaanse Polisiediens verwelkom die verkragtingsvonnis wat onlangs aan twee mans van Calvinia opgelê is vir die verkragting van ‘n minderjarige.
Op 6 November 2022 omstreeks 22:00 was die 14-jarige vroulike slagoffer op pad huis toe van ‘n snoepie toe sy die twee mans ontmoet het.
“Die mans het haar vergesel en haar later na ‘n nabygeleë veld gesleep waar hulle haar om die beurt verkrag het. Die 28 jarige Janere Rossouw en die 21 jarige Randall Snyders is dieselfde dag in hegtenis geneem en het in aanhouding gebly totdat hulle gevonnis is,” het polisiewoordvoerder Luitenant Kock Sergio Kock gesê.
Beide die beskuldigdes het op 19 April 2024 skuld beken en is as volg in die Calvinia-streekhof vir verkragting gevonnis:
Beskuldigde 1, Janere Rossouw is tot 20 jaar gevangenisstraf gevonnis, waarvan 5 jaar vir 5 jaar opgeskort is.
Beskuldigde 2, Randall Snyders is tot 18 jaar gevangenisstraf gevonnis, waarvan 6 jaar vir vyf jaar opgeskort is.
Die Provinsiale Kommissaris van die Noord-Kaap, luitenant-generaal Koliswa Otola het Speur-adjudant offisier David Matthys van die Calvinia-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe geloof vir sy noukeurige ondersoek wat gelei het tot die uitstaande GBVF-vonnisse.
