Die gesamentlike multi-dissiplinêre span van Operasie Vala Umgodi het op Saterdag, 20 April 2024 ‘n intelligensie-gedrewe operasie in Port Nolloth uitgevoer.
Die lede het inligting ontvang oor onwettige mynbedrywighede en ander verwante misdade wat by geïdentifiseerde gebiede in Port Nolloth plaasvind.
Die lede het geoperasionaliseer die inligting wat gelei het tot die arrestasie van negentien verdagtes.
“Tien Zimbabwiese manlike verdagtes tussen die ouderdomme van 24 en 42 jaar oud is gearresteer vir onwettige mynbou, ses Suid-Afrikaanse mans tussen 19 en 33 jaar oud en drie Lesotho-mans van 27, 33 en 36 jaar oud was gearresteer vir onwettige handel in dwelms. Dagga, met ‘n geraamde straatwaarde van R75 000 en geld wat vermoedelik opbrengs van misdaad is, is gekonfiskeer,” het die polisiewoordvoerder Sersant Molefi Shemane gesê.
Die polisie het ook beslag gelê op sakke met moontlike diamantdraende gruis, kragopwekkers, domkraghamers en ander vermeende mynboutoerusting en -gereedskap wat vir onwettige mynaktiwiteite gebruik word.
Alle in hegtenis geneem verdagtes sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.
Die Noord-Kaapse provinsiale kommissaris, luitenant-generaal Koliswa Otola, het die lede toegejuig vir hul volgehoue pogings in die stryd teen onwettige mynbou en verwante misdade in die Namakwa-distrik.










