Versterkte kinderregte en verhoogde ondersoekvermoë van die polisie het die skuldigbevinding van die 27-jarige Romeo Van Wyk en die 26-jarige Bianca Neels verseker deur die Carnavon-streekhof op Vrydag, 05 April 2024.
“Romeo die beskuldigde, het op Saterdag, 09 September 2023 ‘n argument met sy 27-jarige meisie gehad wat daartoe gelei het dat hy haar en hul 2-jarige kind fisies aangerand het wat deur die beskuldigde teen ‘n muur gegooi is,” het Sersant Timothy Sam, polisiewoordvoerder gesê.
Die Hof het ‘n gevangenisstraf van 6 jaar opgelê wat geheel en al vir 5 jaar opgeskort is op voorwaarde dat hy geen verwante misdryf gedurende die skorsingstydperk pleeg nie.
In ‘n onverwante saak het Bianca Neels die beskuldigde haar 4-jarige seun op Maandag, 21 Augustus 2023 aangerand en is van poging tot moord deur die polisie aangekla weens die beserings wat toegedien is.
Die beskuldigde is tot 5 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis.
Albei beskuldigdes se name is in die Nasionale Register vir kinderbeskerming aangeteken en is onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.
“Die waarnemende Noord-Kaapse provinsiale kommissaris, generaal-majoor Luntu Ngubelanga, het die Carnavon FCS-eenheid se ondersoekbeamptes, speurdersersant Ayanda Phillips en speurkonstabel Leverne Raaf toegejuig vir die puik ondersoeke wat verseker het dat die oortreders voor die hof gebring was.”
Hy het herhaal dat die polisie sal voortgaan om in gesinswaardes te belê deur middel van die maatskaplike misdaadvoorkomingsprogramme met gemeenskappe.

