Die LUR van Samewerkende Regering, Menslike Nedersettings, Tradisionele Sake (COGHSTA) en Vervoer, Veiligheid en Skakeling in die Noord-Kaap, mnr Bentley Vass sal die Noord-Kaap Plaaslike Regering Kommunikeerders Forum (LGCF) op Donderdag, 25 Julie 2024, in Upington, in die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit (ZF Mgcawu Distrik) bekend stel.
Die loods van die LGCF volg nadat die Departement van COGHSTA, die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plaaslike Regering (SALGA) en die Regeringskommunikasie- en Inligtingstelsel (GCIS) in die Noord-Kaap dit oor ‘n reeks byeenkomste noukeurig beplan en bespreek het.
Die stigting van die Forum is om die kommunikasiestelsel regoor die Noord-Kaap Provinsie te verbeter en sodoende die ondersteuning van die plaaslike regerings.
Die kernfokus van die program sal wees om te verbeter op die kommunikasiekwessies van plaaslike regering.
Die bekendstelling sal van 25 tot 26 Julie 2024 wees en sal bygewoon word deur plaaslike regeringskommunikeerders van regoor die Noord-Kaap, sowel as ander belanghebbendes, insluitend gedrukte en elektroniese mediaverteenwoordigers.
