‘n 32-jarige beskuldigde, Cameron Samson, het op Woensdag, 22 November 2023, voor die Kimberley-landdroshof skuld beken op aanklag van die handel in dwelms.

Samson is in April 2021 saam met ander elf beskuldigdes gearresteer tydens ‘n projekgedrewe ondersoek deur die Valke Kimberley-gebaseerde ondersoekspan vir ernstige georganiseerde misdaad.

Die beskuldigde het ‘n reeks hofverskynings gemaak tot en met sy vonnisoplegging.

Hy is gevonnis tot ‘n boete van R 12 000.00 of drie jaar direkte gevangenisstraf.

Steven Mabuela, provinsiale hoof van die Valke in die Noord-Kaap, het die span gelukgewens vir hul volharding in hierdie ondersoek en die bereiking van die doelwitte van die Direktoraat.

Adjudant offisier Nomthandazo Mnisi

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *