Die multi-dissiplinêre Operasie Phakisa het op Donderdag, 16 November 2023 begin en op Sondag, 19 November 2023 in Port Nolloth, Kleinzee, Groenrivier, Alexanderbaai en Hondeklipbaai geëindig.

Aksies het gefokus op onwettige aktiwiteite met betrekking tot mariene hulpbronverwante misdade deur streng nakoming van die voorgeskrewe boerdery-, visvang- en oesregulasies te monitor en te verseker, asook om die verspreiding van dwelms aan te spreek en die vloei van ongedokumenteerde immigrante te voorkom.

Gedurende hierdie tydperk is die publiek gemagtig om aan kommersiële kreefvissery deel te neem, wat hulle toegelaat het om ‘n voorgeskrewe hoeveelheid Weskuskreefvis (kreef) te besit en te vervoer soos gemagtig ingevolge die Wet op Lewende Mariene Hulpbronne, 1998 (Wet no 18 van 1998)

Die operasies is uitgevoer onder die algehele bevel van Kolonel Kholakele Sontsi, die Provinsiale Bevelvoerder vir Openbare Orde Polisie (POP), ondersteun deur, mnr Thulani Mthombeni van die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing, met die bystand van kaptein James Peters en luitenant kolonel Boitumelo Seleke die operasionele en taktiese bevelvoerders onderskeidelik.

Spanne van verskillende departemente en SAPD-eenhede, insluitend die Departement van Binnelandse Sake Immigrasiedienste, die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) se doeane-eenheid, SAN Parke, die SAPD Provinsiale Proaktiewe Polisiëring, Springbok K9, POP-eenheid, Misdaadintelligensie en die Voertuigmisdaadondersoek Eenheid het aktief aan die beplande aksies deelgeneem.

Die aksies en aktiwiteite wat tydens die aanvang van die operasie uitgevoer is, sluit in nakomings- en permitinspeksies, voertuigkontrolepunte (VCP’s), stop- en deursoekings, voetpatrollies en voertuigpatrollies langs die kusgebiede en klopjagte by geïdentifiseerde huise vir onwettige dwelms en ander kommoditeitsmokkelary .

Drie (03) VCP’s is op die Port Nolloth/Alexanderbaai-pad en die Port Nolloth/Kleinzee-pad uitgevoer waartydens 76 voertuie en 121 persone voorgekeer en deursoek is.

Talle operasionele suksesse is behaal, insluitend:

Die konfiskering van mariene hulpbronprodukte ter waarde van ongeveer R16 720.

Die arrestasie van ‘n 37-jarige Chinese man is aangekla vir die besit van perlemoen en mariene hulpbronprodukte.

Verkeersboetes ter waarde van R8 500 is uitgereik vir oortredings ingevolge die Padverkeerswet, 93/1996.

Agt (08) ongedokumenteerde immigrante is deur die DHA Immigrasiedienste-amptenare aangehou en verwerk.

Alle verdagtes sal binnekort in die Port Nolloth-landdroshof verskyn.

Die Noord-Kaap waarnemende provinsiale kommissaris, generaal-majoor Luntu Ngubelanga het die publiek bedank vir hul waaksaamheid en samewerking tydens die uitvoering van die operasie.

Hy het gesê dat hierdie operasies die publiek bevoordeel.

Wetstoepassers moet vasbeslote wees om ons mariene hulpbronne te beskerm.

Sersant Timothy Sam

Mediasentrum

Noord-Kaap

 

 

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *