Voortvlugtige verdagtes vasgekeer

 Voortvlugtige verdagtes vasgekeer

Illustrasiefoto: Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD)

‘n Span speurders van die Galeshewe-polisiestasie onder leiding van Kaptein Stephen Du Toit het op Dinsdag, 31 Mei 2022 ‘n gesoekte verdagte-operasie begin.

Agt (8) verdagtes wat vir verskeie misdade, poging tot moord, aanranding, huisbraak en diefstal, gesinsgeweld, besigheidsrooftogte, winkeldiefstal en die oortreding van beskermingsbevel vir die polisie gevlug het, is in hegtenis geneem.

“Die verdagtes het hofverskyningsdatums ontduik en ander het hofbevele oortree. Die verdagtes is by hul onderskeie inwoners in en om Galeshewe gearresteer en sal op Donderdag 2 Mei 2022 in die Galeshewe-landdroshof verskyn, het Sersant Timothy Sam, woordvoerder vir die polisie gesê.

Die waarnemende Galeshewe-stasiebevelvoerder, Kolonel Boipelo Kale, het lede geprys omdat hulle gesoekte verdagtes voor die hof gebring het. 

Bernadine Hearn

Related post