Geslagsgebaseerde en Gesinsgeweld-veldtog op Kakamas

 Geslagsgebaseerde en Gesinsgeweld-veldtog op Kakamas

Foto: Verskaf @Noord-Kaap SAPD

Die Kakamas-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe het op Dinsdag, 26 April 2022 ‘n Geslagsgebaseerde en Gesinsgeweld-veldtog in Kakamas gehou.

Luitenant-Kolonel Sergio Kock, woordvoerder vir die polisie het gesê dat die uitreiking het op die hoofpaaie in die nabygeleë Kakamas-hospitaal plaas gevind waartydens die span pamflette versprei het wat GBV en ander verwante misdade aanspreek.

Hulle het ook hul selfoonnommers verskaf, insluitend verskeie hulplynnommers vir slagoffers om te kontak.

“Die provinsiale hoof vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe, brigadier Nicky Mills het kaptein Vrede Myburgh en die Kakamas FCS-span en alle SAPD-eenhede geloof vir hul pogings om GBV aan te spreek en ook om die gemeenskap op te voed oor die prosesse wat gevolg moet word en dienste wat aangebied word deur die FCS-eenhede,” het Kock gesê.

Bernadine Hearn

Related post