Bemoedigende boodskap en kosbare geskenk tydens spesiale skoolbesoek. 

Op Donderdag, 12 Februarie 2026, het die The Gideons International Hoërskool Concordia besoek waar elke Graad 8-leerder ’n Bybel as kosbare geskenk ontvang het.

In ’n tyd waar jongmense daagliks voor uitdagende keuses te staan kom, bly die Woord van God ’n vaste rigtingwyser en ’n lig op die pad.

Die Graad 8-leerders is ook toegespreek met ’n bemoedigende boodskap vir hul skoolloopbaan, om hul lewens op vaste waardes te bou, standvastig in hul geloof te bly en hul pad met moed en integriteit te stap.

Die hoop is uitgespreek dat hierdie Bybel vir elke leerder ’n anker sal wees in tye van onsekerheid en ’n bron van wysheid vir die jare wat voorlê.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *