’n Geestelike boodskap, borg-erkenning en die vereëring van Top 20-atlete het die week op ’n hoë noot afgeskop.

By Hoërskool Concordia se Maandagoggend-byeenkoms op Maandag, 16 Februarie 2026, is ’n vol en betekenisvolle program suksesvol afgehandel.

Die verrigtinge is geopen deur Graad 11B saam met hul klasopvoeder, mnr. J.H. Schmidt, wat ’n oordenking gedeel het uit Johannes 1:1–2.

In sy boodskap het mnr. Schmidt beklemtoon dat gehoorsaamheid aan God en Sy Woord nie onderhandelbaar is nie.

Hy het verder die Februarie-tema van liefde uitgelig en die leerders daaraan herinner dat ware liefde gepaard gaan met respek, selfbeheersing en verantwoordelikheid.

Erkenning aan gewaardeerde borge

’n Spesiale oomblik tydens die byeenkoms was die erkenning van die borge van die skool se Top 20-atletiekfrokkie.

Teenwoordig was mnr. en me. De Vries van Love & Fleur, mnr. en me. Booyang van Be The Events, asook me. S. Links (SL).

Hulle het saam met die atlete voor die Blouvlam-banier vir ’n trotse en simboliese oomblik saamgestaan.

Langs hierdie weg is ook opregte dank uitgespreek teenoor ander gewaardeerde borge, naamlik MMU Motorgroep, OK Grocers (Okiep), TechMech Logistics en NS Training, vir hul volgehoue ondersteuning.

Hul bydraes maak dit vir die atlete moontlik om met selfvertroue deel te neem en hul beste te gee.

Top 20-atlete vereer

Die hoogtepunt van die oggend was die spesiale vereëring van die Top 20-atlete.

Dit was ’n besondere en trotse oomblik toe hulle voor die res van die skool verskyn het, ’n duidelike bewys van harde werk, deursettingsvermoë en toewyding.

Die byeenkoms het nie net prestasie gevier nie, maar ook waardes soos geloof, dankbaarheid en gemeenskapsamewerking beklemtoon, ’n inspirerende begin tot die week.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *