Leerders van Hoërskool Boesmanland het gisteraand deelgeneem aan die Eskom Expo vir jong wetenskaplikes, wat plaasgevind het by die Birchwood Hotel in Gauteng.

Dié skool is aangewys as die beste presterende skool in wetenskap, vir die Expo se wetenskap-projekte.

Hoërskool Boesmanland neem alreeds vir die afgelope 15-jaar deel aan die kompetisie en die skool lewer jaarliks wenners op by die Internasionale Science Fair ISF Expo.

By die geleentheid word lande regoor die wêreld uitgenooi en skole regoor Suid- Afrika skryf in om deel te neem aan die gesogte kompetisie.

Leerders het vandag teruggegaan na hul onderskeie lande en provinsies, met die enorme pryse wat hulle gewen het.

“Ons kinders het ‘n laptop vir Expo-projekte gewen en daar was kontantpryse aan hulle gegee. Siemens het die prys geborg,” het juffrou Theresa Raman, wat die leerders afrig gesê.

Dié skool se top twee graad 12 leerders – Elizabeth Augus en Deslynne van Wyk – het die skool verteenwoordig by die Eskom Expo.

Elizabeth se projek was “Seek A Salt”, waar sy die inhoud van sout in watermonsters gesoek het, en uitgevind het dat die water gesond of nie gesond is nie.

Gamsberg se laboratorium, mnr. Kelvin Cloete en Zuku het haar gehelp om haar water te stuur om te toets.

Vir Gamberg wat die leerders gehelp het wil die skool ook hul diepe dankbaarheid uitspreek.

Deslynne se projek het gegaan oor bokke, “Goats with me”.

Die gesondheid van bokke, wat hulle eet, en hoekom bokvleis meer gesonder is as skaapvleis.

Albei dames het baie goed gevaar en die hele Pofadder-skoolgemeenskap is trots op hulle.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *