Hoërskool Concordia het Vrydag, 17 April 2026, met opregte waardering en ’n gevoel van weemoed afskeid geneem van Juffrou Amor Jacobs, wat sedert 1 Februarie 2025 as waarnemende prinsipaal diens gedoen het.

Jacobs, ’n oud-leerder van die skool, het reeds in 2017 by Hoërskool Concordia aangesluit en oor die jare ’n beduidende bydrae tot die Afrikaanse Departement gelewer.

Haar toewyding tot onderwys en die ontwikkeling van leerders is wyd erken en hoog geag binne die skoolgemeenskap.

Sy was veral bekend vir haar betrokkenheid by kultuuraktiwiteite soos Moot Court en Oral History, waar sy leerders met groot entoesiasme en sukses begelei het.

Haar passie vir hierdie programme het nie net akademiese groei bevorder nie, maar ook selfvertroue en kritiese denke onder leerders ontwikkel.

In haar rol as waarnemende prinsipaal het Jacobs die skool deur uitdagende tye gelei, en is sy geloof vir haar wysheid, deursettingsvermoë en standvastige leierskap.

Kollegas en leerders het haar bydrae beskryf as waardevol en inspirerend.

Volgens Jacobs self het haar geloof haar deur hierdie tydperk gedra.

Hoewel haar vertrek ’n groot verlies vir die skool is, het die skoolgemeenskap haar gelukgewens met haar nuwe aanstelling as prinsipaal van Sacred Heart R.K. Primêre Skool in Nababeep.

Die skool het haar alle voorspoed toegewens en vertroue uitgespreek dat sy ook in haar nuwe rol ’n betekenisvolle impak sal maak.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *