Hoërskool Concordia het hul dank betuig teenoor die Gr. 11A klas, wat Maandagoggend, 09 Februarie 2026, se byeenkoms gelei het.

Onder die tema “Jou tas op die weg” het spreker Quinton prakties en treffend gedemonstreer hoe ’n mens jou “tas” vir die lewenspad moet pak, en wát daarin behoort te wees.

Die Skriflesing is geneem uit Johannes 14 en Galasiërs 5:22, wat handel oor die vrug van die Gees, dit is die inhoud wat volgens Quinton vir die lewe moet dra.

’n Kers is ook aangesteek ter herinnering aan almal wat oor die naweek deur tragiese ongelukke geraak is.

Daarna is die skool se atlete gevier vir hul uitmuntende prestasies tydens die Noord/Suid Sone Atletiekbyeenkoms.

Spesiale erkenning is gegee aan die aflosspanne wat goud behaal het (D14, D15, S15 en D19), asook aan die skool se beste junior en senior atlete: Lezhaan Bugan (junior dogters), John Engelbrecht (junior seuns), Katelynn Bennett (senior dogters) en Nathan Square (senior seuns).

Die skool bedank al die ander atlete vir hul deelname, toewyding en sportmangees, sowel as die ondersteuners wat Saterdag so getrou bygestaan het.

Hoërskool Concordia sluit af met dank aan die Here vir al die seëninge oor die skool en hoop dat leerders en personeel voortgaan om Hom te eer in alles wat hulle doen.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *