Hoogweg patrollie kry voertuig terug

 Hoogweg patrollie kry voertuig terug

Foto: Verskaf @ Noord-Kaap SAPD

Die lede van die ZF Mgcawu-distrikshoofwegpatrollie wat aan diens was, het Dinsdagoggend, 19 Julie 2022 inligting van ‘n betroubare bron ontvang oor ‘n gesteelde Toyota Fortuner wat tussen Upington en Olifanthshoek in transito is.

Hulle het dadelik die inligting geoperasionaliseer en tydens ‘n hoësig-patrollie op die N14 het hulle die voertuig opgemerk wat op ‘n insleepwa vervoer is.

“Hulle het die operasie onderskep en by verdere ondersoek is bevestig dat die voertuig by Folweni SAPD as gesteel aangemeld is. Die gesteelde voertuig is gekloon met ‘n buitelandse registrasienommer gevind,” het polisiewoordvoerder Sersant Omphile Masegela bevestig.

Hulle het die voertuig geskut vir verdere ondersoek.

Geen arrestasies is gemaak nie.

Die waarnemende distrikskommissaris van ZF Mgcawu, Kolonel Peet Coetzee het die lede geloof vir die vinnige reaksie en volgehoue poging in die bekamping van misdaad. 

Bernadine Hearn

Related post