Vinnige optrede van polisie, man agter tralies vir die besit van dagga

 Vinnige optrede van polisie, man agter tralies vir die besit van dagga

Foto: Verskaf @ Noord-Kaap SAPD

Lede van Prieska Vispol het ‘n 27-jarige man vir die besit van dagga agter tralies gesit.

Die polisie het Dinsdag, 19 Julie, ongeveer 13h15 op ‘n wenk gereageer oor ‘n voertuig wat dagga by Matitistraat in Prieska afgelewer het.

Polisiewoordvoerder, Kaptein Olebogeng Tawana, het bevestig dat die Vispol-lede dadelik op die inligting gereageer en die verdagte op die perseel gevind in besit van 231 ritssluiter sakke dagga wat 815,3 gram weeg met ‘n geraamde straatwaarde van meer as R7 000.00.

Die verdagte sal na verwagting Woensdag, 20 Julie 2022 in die Prieska-landdroshof verskyn op aanklag van die besit van dagga.

Die Distrikskommissaris van Pixley Ka Seme het gemeenskapslede van Prieska geloof vir hul betrokkenheid by polisiëringsvennootskap om kriminele aktiwiteite in hul woonbuurt te ontwortel.

Bernadine Hearn

Related post