Beurtkrag word gebruik om druk op ‘n primêre energiebron te verlig wanneer die vraag na elektrisiteit groter is as wat die primêre kragbron kan voorsien.

Wanneer die vraag na elektrisiteit die beskikbare aanbod oorskry, sal beplande toevoeronderbrekings uitgevoer moet word.

Dit word beurtkrag genoem.

Dit is ‘n beheerde manier om die beskikbare elektrisiteit tussen Eskom- kliënte te roteer.

Intussen weens die verhoogde vlakke van die instelling van beurtkrag, verduur inwoners in die Nama Khoi regsgebied voortdurende opgemak weens die gebrek aan water.

Eskom het onlangs, weens die nood-ingrypings van die Burgemeester, Dr. Gustav Bock, en die speaker, Raadslid Rodney Kritzinger, die implementering van beurtkrag op die kragnetwerk wat die Henkries- waterbedrywighede van elektrisiteit voorsien, opgeskort.

Die kompleksiteit van die saak in hierdie verband is dat die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit nie die diensverskaffer vir elektrisiteit aan Bloem Water is nie.

Alhoewel Eskom ingestem het om die netwerk aan te hou om water te pomp, is die Henkries- watervoorsieningsaanleg die eiendom en verantwoordelik van Bloem Water, voorheen bekend as Sedibeng Water.

Bloem Water is die verantwoordelike entiteit om ‘n aansoek by Eskom in te dien vir die opskorting van beurtkrag op die waternetwerk.

Dit is egter ‘n administratiewe nagmerrie vir die minisipaliteit wat die entiteit in ‘n ongewenste posisie plaas by die gemeenskappe wat gediens moet word.

Die munisipaliteit wil dus die volgende kompleksiteit van die waternetwerk wat verantwoordelik is vir die voorsiening van water aan ons dorpe verduidelik:

Die Henkries- mond is die onttrekkingspunt waar water vanuit die Oranjerivier onttrek word deur vyf enorme waterpompe;

Drie van hierdie pompe moet ten alle tye in werking wees om die Nama Khoi regsgebied ononderbroke van water voorsien;

Drie van hierdie pompe moet ten alle tye in werking wees om die Nama Khoi regsgebied ononderbroke van water voorsien;

Die water word dan na die Henkries suiweringsaanleg gepomp. Hier moet twee pompe dan konstant in werking wees om volhoubaarheid van vloeiende water te veseker.

Die kostes daaraan verbonde is ‘n bykomende finansïele las vir die munisipaliteit en daarom word daar dringend gepoog om ‘n kommunikasie-protokol met Bloem Water daar te stel om die teopassing van beurtwater te implementeer in die watervoorsiener uitdagings ervaar,

Die toepassing van beurtwater sal vloei na huishoudings verseker op geskeduleerde tye. Dit sal ook die munisipaliteit in staat stel om die damvlakke te minitor tot wanneer dit weer kan volloop.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *