Die provinsiale hoof, Generaal-Majoor Kholekile Galawe het gemeenskappe van die John Taolo Gaetsewe-distrik gemaan om waaksaam te wees met hul geld weens ‘n plaag van swendelary rondom hul distrik, veral aangesien die feesseisoen vinnig nader kom.

Die waarskuwing kom nadat die Kuruman-gebaseerde ondersoekspan vir ernstige georganiseerde misdaad saam met Kuruman Openbare Orde Polisiëring, K9-eenheid en Plaaslike Kriminele Rekordsentrum twee verdagtes van (22) en (49) vir diefstal onder valse voorwendsels gearresteer het.

Die verdagtes is ná ’n multi-dissiplinêre operasie op Maandag, 19 September 2022 vasgetrek.

“Daar word beweer die twee het saam met ‘n tradisionele geneser gewerk om die slagoffer uit ‘n bedrag van R350 000 te bedrieg. Die slagoffer is belowe dat sy geld vermenigvuldig sou word, hy is groot bedrae vals geld deur die verdagtes gewys en is laat glo sy geld kan vermeerder ook,” het die valke woordvoerder, Kaptein Tebogo Thebe gesê.

Die slagoffer het sy motor verkoop en by die werk bedank om toegang tot die geld te kry en dit aan die tradisionele geneser oorhandig.

Die hoofverdagte, die tradisionele geneser, is steeds op vrye voet en die polisie is agter hom aan.

Thebe het gesê die polisie het selfone, ‘n voertuig en papiere gekonfiskeer wat gebruik is om vals notas te maak as deel van die bewyse.

Verdagtes sal na verwagting Woensdag, 21 September 2022 in die Kuruman-landdroshof verskyn.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *