Die voortgesette Operasie Shanela-hoëdigtheid-operasies is die afgelope week oor al vyf distrikte in die provinsie uitgevoer om prioriteitsmisdade in brandpuntgebiede aan te spreek.
Die multi-dissiplinêre spanne regoor die provinsie het gesamentlik 266 misdadigers aangekeer, waarvan 100 gesoekte verdagtes is wat in hegtenis geneem is deur speurders wat die polisie ontduik het.
“Die verdagtes is gesoek in verband met moord, verkragting, aanranding, geslagsgebaseerde geweld en die onwettige besit van vuurwapens,” het Kolonel Cherelle Ehlers gesê.
Ander arrestasies het die besit van gevaarlike wapens, handel in dwelms, onwettige handel in drank, moord, poging tot moord, aanranding, geslagsgebaseerder geweld, huisbraak en opsetlike saakbeskadiging ingesluit.
Padblokkades, voertuigkontrolepunte, asook hoësig-patrollies is uitgevoer, waardeur 7 429 persone en 3 276 voertuie voorgekeer en deursoek is.
Nakomingsinspeksies is uitgevoer by tweedehandse goederehandelaars, vuurwapenhandelaars, informele besighede en drankafsetpunte.
Dit het gelei tot die sluiting van 4 ongelisensieerde drankafsetpunte.
In ‘n poging om landelike veiligheid te bevorder, is hoësigbaarheidspatrollies in landelike gebiede uitgevoer waar verskeie plase en myne besoek is.
Ontwrigtende optrede het gelei tot die konfiskering van ‘n aansienlike hoeveelheid drank, dwelms, gevaarlike wapens en koperkabel.
Verskeie bewusmakingsveldtogte en gemeenskapsinteraksies is in die provinsie gelei om prioriteitsmisdade aan te spreek.
In die Frances Baard-distrik is Greenpoint, Pampierstad, Galeshewe en Roodepan besoek om geestesgesondheid en kinderveiligheid te bevorder.
Die polisie in die John Taolo Gaetsewe-distrik het met die gemeenskappe in Tsineng en Kathu geskakel, waar afknouery by skole aangespreek is asook bewusmaking met betrekking tot die voorkoming van rooftogte.
Skole is in Rietfontein, in die ZF Mgcawu-distrik besoek ter ondersteuning van die Women Against Crime-veldtog.
Noord-Kaapse provinsiale kommissaris, luitenant-generaal Otola het haar dank uitgespreek teenoor alle bevelvoerders, lede en relevante belanghebbendes wat bygedra het tot die suksesse wat behaal is sowel as die gemeenskappe vir hul samewerking.
Sy het alle rolspelers aangemoedig om voort te gaan met polisie-aksies en gemeenskapsinteraksies om veiliger gemeenskappe in die provinsie te verseker.
Die Rate-Our-Service aanlyn opname kan gebruik word deur die QR-kode te skandeer om kommentaar te lewer op die dienste wat deur die SAPD in die Noord-Kaap gelewer word.















