Jongman op Springbok kry 3-jaar tronkstraf vir bedrog

 Jongman op Springbok kry 3-jaar tronkstraf vir bedrog

Illustrasiefoto: Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD)

‘n 21-Jarige man van Nababeep, buite Springbok in die Noord-Kaap is vroeëer hierdie week skuldig bevind en tot drie jaar tronkstraf gevonnis vir bedrog.

Micheal Ruan Van Wyk het in 2021 gepoog om ‘n tender van die Nama Khoi-munisipaliteit, ter waarde van R15 miljoen aan ‘n sakeman te verkoop.

‘n Woordvoerder vir die Valke, kaptein Tebogo Thebe het bevestig dat die skuldigbevinding en vonnisoplegging in die Springbok-landroshof plaasgevind het.

Die sakeman het na agterdog die insident onder die Valke se aandag gebring, en hulle het onmiddelik ‘n ondersoek geloods.

“Van Wyk het na bewering R100 000 geëis om die tender te verseker, nadat daar ‘n ooreenkoms bereik is dat R10 000 eers aan hom betaal sou word. Dit het uiteindelik gelei tot sy inhegtenisname”, sê Thebe.

Van Wyk sal drie jaar direkte gevangenisstraf uitdien.

Marsilino Lapont

http://Marsilino

Catch Marsilino LaPont weekdays between 6am and 9am on Morning Joy! Marsilino is also a radio journalist and news reader for Radio NFM 98.1.

Related post