Teenboelie-veldtog by Laerskool Concordia gehou

 Teenboelie-veldtog by Laerskool Concordia gehou

Foto: Verskaf @Noord-Kaap SAPD

Op Maandag, 30 Mei 2022 het die Springbok-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (FCS) in samewerking met verskillende staatsdepartemente en belanghebbendes in die Namakwa-distrik ‘n bewusmakingsveldtog teen afknouery by die Laerskool Concordia gehou.

“Ongeveer 80 skoliere het die geleentheid bygewoon en inligting is deur die verskillende sprekers gedeel in ‘n poging om bewustheid te skep oor die verskillende vorme van afknouery en die proses wat gevolg moet word wanneer sulke voorvalle aangemeld word,” het Luitenant Sergio Kock, polisiewoordvoerder gesê.

Hierdie multi-dissiplinêre geleentheid is ondersteun deur die Thutuzela Sorgsentrum van Springbok, die NVG, Departement van Onderwys en Departement Maatskaplike Ontwikkeling.

Kock het gesê dat die skoliere was aangemoedig om enige vorm van mishandeling by die skool aan te meld en het ook belowe dat dit met die grootste vertroue hanteer sal word.

Die teenboelie-veldtog vorm deel van die kinderbeskermingsweek wat tans onder die tema, Laat ons almal ons kinders beskerm tydens Covid-19 en daarna, waargeneem word. 

Bernadine Hearn

Related post