Die Kakamas Polisiestasiebevelvoerder, Kolonel Dries Witbooi het vanoggend ‘n spesiale parade gemobiliseer om sy Misdaadvoorkomingspan geluk te wens en aan te moedig, na aanleiding van die suksesvolle nagskof pligte wat op Maandag, 08 April 2024 begin het.

Die span het die skof begin deur onwettige sigarette ter waarde van ongeveer R8,4 miljoen rand te konfiskeer en daarna inligting oor dwelmhandel in Kakamas opgevolg.

“Hulle het dagga ter waarde van ongeveer R8 200,00 teruggekry. Die span het op die dagga beslag gelê en ‘n 40-jarige manlike verdagte vir die handel in dwelms aangekla,” het die Noord- Kaapse polisiewoordvoerder Sersant Timothy Sam gesê.

Die verdagte sal na verwagting binnekort in die Kakamas-landdroshof verskyn.

Die provinsiale kommissaris van die Noord-Kaap, luitenant-generaal Koliswa Otola het die polisie-eenhede geprys vir hul harde werk om dwelmhandelaars in ons gemeenskappe se werksaamhede te stuit.

Sy het die publiek aangemoedig om die polisiepogings in die bekamping van misdaad te gradeer deur deel te neem aan die “RATE OUR SERVICE” aanlyn opname om die polisie te help om dienste te verbeter.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *