Die Kakamas-polisie in die ZF Mgcawu-distrik het gister (08 April 2024) op onwettige sigarette in Kakamas beslag gelê.

Die polisie, wat roetine-misdaadvoorkomingspatrollies uitgevoer het, het ‘n verdagte vragmotor by ‘n vulstasie opgemerk en toestemming gevra om die vragmotor te deursoek.

Die lede het kartonne Sahawi en Chief-sigarette gevind ter waarde van ongeveer R8,4 miljoen rand.

“Die polisie het ‘n ondersoeksaak geopen en die bestuurder bedien om die oorspronklike dokumentasie van die aankoop van die goedere te verskaf en beslag gelê op die sigarette en vragmotor,” het Sersant Timothy Sam, polisiewoordvoerder gesê.

Die publiek word versoek om enige handelaars wat vermoedelik versuim om die Doeane- en Aksynswet na te kom weens onwettige handel in sigarette en tabakprodukte by die polisie aan te meld.

Die provinsiale kommissaris van die Noord-Kaap, luitenant-generaal Koliswa Otola het die waaksame polisielede toegejuig en herhaal dat die polisie sal voortgaan om beslissend om te gaan met diegene wat aanhou om die wette van die land te oortree.

Sy het die publiek aangemoedig om die polisiepogings in die bekamping van misdaad te gradeer deur deel te neem aan die “RATE OUR SERVICE” aanlyn opname om die polisie te help om dienste te verbeter.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *