Burgemeester van die Richtersveld plaaslike munisipaliteit, mnr. Cornell Knoph het Geloftetekenseremonie van die matrikulante van Hoërskool Port Nolloth en Alexanderbaai onderskeidelik bygewoon.

Die burgemeester wass vergesel deur speaker Marlene Lientjie Fredericks en wyksraadslid Funeka Mabala.

Burgemeester Knoph, ‘n aktivis vir onderwys, het tyd gemaak om beide hoërskole te besoek om graad 12-leerders te motiveer en aan gemoedig om nooit terug te kyk nie, maar die toekoms te “rock.”

Hy het hulle bewus gemaak van talle geleenthede wat na die Richtersveld Munisipaliteit oppad is.
Knoph het ‘n verwagting geskep by die matrikulante om goed te vaar in matriekeksamens om sodoende toegang te verkry by Tersiêre instellings.

“Ons benodig vaardighede soos stadsbeplanners, verpleegsters, dieselwerktuigkundiges, pas en draaiers, ketelmakers, dokters, meganiese ingenieurs, elektriese ingenieurs, ons wil nie hoor ons moet hulle van buite die Noord-Kaap inbring nie want ons het nie opgevoede mense nie. Kyk verby jou omstandighede en wees die verskil wat jy wil sien, gebruik studiegidse, beplan behoorlik, vermy afleidings, bly gefokus en bid altyd,” het Burgemeester Cornell gesê.

Elke leerder is geseën met klein versierde skryfbehoeftes en motiveringstekens as bewys van ondersteuning gedurende die 6 weke se skryf van hul finale eksamens van hul skoolloopbane.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *