Die plaaslike toerisme-gemeenskap is in rou gedompel na die afsterwe van Gerrith (Kiewiet) Cloete, wat op 26 Desember 2022 sag heengegaan het.

Die begrafnis van Cloete het plaasgevind op Saterdag, 07 Januarie 2023 op Kuboes.

Menigte mense het die begrafnis van heinde en verre bygewoon.

Tydens onderskeie huldeblyke wat opgedra was tydens die diens, was Kiewiet beskryf as ‘n baie besonderse man, ’n man van mooi woorde en dat hy enig in sy soort was.

Party het selfs in ligte luim vertel oor Kiewiet se stout kant, en hoe ‘n kranige skrywer en kreatiewe digter hy eens op ‘n tyd was.

‘n Kers-seremonie was ternagedagtenis opgelewer deur sy familie en die Richtersveld 4×4 groep, wat ook hul eie kers aangesteek het.

Radio NFM het ook die verrigtinge regstreeks uitgesaai.

Kiewiet se jongste dogter het ‘n lied opgedra aan haar ontslape pa.

Die voormalige NFM anker, Ricardo Zebulon Simon het beleefd tydens sy spreekbeurt laat hoor dat Oom Kiewiet ‘n mense-mens was.

“Oom Kiewiet Cloete, toergids, legend, grootman van Kuboes. Nama-tong en mense-mens. ‘n Man wat altyd gesê het, ‘sy krag is sy kinders.’ Hy kons ure spot met die vroue en dan wil hy tog verstaan word.”

Die nagedagtenis van Oom Kiewiet sal almal, ewig bybly. Mag sy siel in vrede rus.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *