Die huidige Mejuffrou Suid-Afrika 2022, Ndavi Nokeri van Limpopo, is tans in New Orleans, Verenigde State van Amerika (VSA), om deel te neem aan die gesogte Mejuffrou Heelal 2023 kompetisie.
Die 71ste weergawe van die Miss Universe-kompetisie het ‘n verandering aan die formaat van die nasionale geskenkveiling teweeg gebring.

In plaas daarvan om ‘n nasionale geskenk uit hul land te bring, was die mèèr as 80 deelnemers
vereis om ‘n sjiffon-mantel te dra, wat geskenk was deur die Mej Heelal-organiseerders.
Die deelnemers was gevra om die skoon mantel te versier met inspirasie vanuit enigiets wat verband hou met hul saak of die land wat hulle verteenwoordig. Die mantels – wat opgeveil sal word, se opbrengste gaan aan liefdadigheid – word tydens die Miss Universe-baaikostuum kompetisie gedra, en is vroeër onthul tydens die voorlopige rondte.
Nokeri het aan die treffende ontwerp gewerk, wat getiteld is; “Perfectly Imperfect”, met die grafiese kunstenaar Ashlyn Atkinson van iDesign SA en Sinead Fletcher wat die mantel geverf het, saam met stemme van Suid-Afrikaanse vroue.
Hierdie Suid-Afrikaanse vroue het hul stemme laat hoor op die Nokeri se mantel:
https://fb.watch/h-AY9o4KFu/Nokeri en Atkinson het gesê: “Deur die eeue is vroue onwaardig laat voel, gebaseer op enige fisiese eienskappe wat dalk nie wenslik vir die manlike blik voorkom nie. Met die Suid-Afrikaanse-mantel, en ook as deel van ‘n breër boodskap van die Mej Heelal platform, herwin vroue weer hul selfvertroue.”
Nokeri gaan voort: “Vir my verteenwoordig die ontwerp bevryding en om vry te wees van ander mense se verwagtinge van hoe ek, of enige vrou moet lyk, om as mooi beskou te word. Skoonheid het geen definisie nie, dit het geen velkleur nie, dit het geen grootte nie en dit is beslis nie perfek nie.”
Atkinson het op sy beurt bygevoeg: “Ek hoop dat die ontwerp alle vroue se skoonheid op ‘n unieke, onvolmaakte manier sal beklemtoon. Die Miss Universe-deelnemers kom van regoor die wêreld en het almal verskillende vorms en velkleure. Die een ding wat vroue werklik mooi maak, is ons gedeelde vrouwees, ons selluliet, ons rekmerke, ons letsels, ons rondings, ons anders-grootte borste, ons verskillende hare en ons stemme.”
Stephanie Weil, die uitvoerende hoof van die Mej Suid-Afrika Organisasie, sê: “Die mantel het gekom van die stemme van Suid-Afrikaanse vroue met wie ons gepraat het. Ons hoop om ‘n beweging te inspireer waarby onvolmaakte vroue met kragtige stemme in die lig te tree, en gehoor word.”
Nokeri het ook ‘n rok deur Juan William Aria tydens die voorrondes onthul.


Die skitterende uitrusting is geïnspireer deur die sand van Limpopo en die Gabaza Village waar Nokeri gebore was.
Die Mej Heelal-eindstryd vind plaas op Sondag, 14 Januarie in die VSA, en sal regstreeks uitgesaai word op 1 Magic (DStv-kanaal 103) vanaf 03h00 op Maandag, 15 Januarie.
Nokeri het ‘n goeie span van ondersteuners wat haar aanmoedig in New Orleans, en sluit in die Mej Suid-Afrika Organisasie se hoof uitvoerende beampte, Stephanie Weil, kreatiewe direkteur Werner Wessels en
haar ouers Moses en Betty Nokeri.
Mej Suid-Afrika word aangebied deur Weil Vermaak in samewerking met M-Net, Mzansi Magic and Sun International.
Kyk hier na Nokeri se optrede by Mej. Heelal:
https://fb.watch/h-ARoewfmc/Vir mèèr, gaan na:
- https://www.misssa.co.za
- Facebook: https://www.facebook.com/MissSouthAfricaOfficial
- Twitter: @Official_MissSA
- Instagram: @official_misssa
- Tik-Tok: @official_misssa
- YouTube: https://www.youtube.com/c/MissSouthAfricaOfficial
- #EduniteByNdaviNokeri
