Die Noord-Kaapse Departement van Gesondheid het saam met The Exceptional Nurse Campaign ‘n Leierskapwerkswinkel vir Verpleegbestuurders en Verpleegopvoeders gehou.
Die driedaagse werkswinkel is daarop gemik om verpleegbestuurders en verpleegopvoeders te bemagtig, te inspireer en aan te moedig.
Gister se sessie was geopen deur die Direkteur vir Verpleegdienste Me Thembi Mngomezulu asook Sr Teresa Basson van The Exceptional Nurse Campaign.
Die sleuteltoespraak deur professor Judith Bruce het gefokus op die evolusie van verpleegleierskap.
Die werkswinkel duur tot 14 September.


































