Leliefontein speel gasvrou aan provinsiale Menseregtedag vieringe

 Leliefontein speel gasvrou aan provinsiale Menseregtedag vieringe

Foto: Verskaf @ LUR van Sport Kuns en Kultuur, me Desery Fienies

Leliefontein, ‘n pragtige klein dorpie in die Noord-Kaap met ‘n skatryk geskiedenis, net op Maandag, 21 Maart 2022 Menseregtedag herdenk tesame met die provinsie se grotes.

Die rede vir die besluit om Leliefontein te gebruik vir die verrigtine was om die Khoe-gemeenskap te vereer, wat deur die Boere tydens die Leliefontein-slagting in 1902 vermoor is.

Die hoofspreker by die geleentheid was die LUR van Sport Kuns en Kultuur, me Desery Fienies, wat vergesel was deur die LUR’e Abraham Vosloo, Nomandla Bloem, Fufe Makathong en die speaker van die provinsiale wetgewer Me. Newrene Klaaste en burgemeesters en raadslede.

Sy het verskoning gemaak vir die Noord-Kaapse Premier, Dr. Zamani Saul wat nie die verrigtinge kon bywoon nie, weens omstandighede buite sy beheer.

Almal het gekom van verskillende dorpe in die Namakwa-distrik en Kamiesberg-area, spesifiek Leliefontein.

Die gemeenskap het nie net bymekaar gekom om menseregte dag te vier nie, maar om die mans, vroue en kinders te vereer wat hul menswaardigheid verloor het aan die hande van Maritz en sy troepe in die Leliefontein bloedbad.

“Dit is ook ‘n program waar ons sal voortgaan om te verseker dat ons nog ‘n pynlike hoofstuk in ons geskiedenis van apartheid en koloniale verwerping, rasisme en verdrukking reg te maak. Ons sal voortgaan om die historiese ongeregtighede, die menswaardigheid van burgers en al ons gevalle helde en heldinne te herstel,” het Fienies gesê.

Die families van Leliefontein se bloedbad se wonde is nog oop, en dit is wonde wat genees moet word.

Die regering sal voortgaan om te werk en te verseker, dat Leliefontein bygestaan gaan word en dat hulle vrede kan vind.

Dit is duidelik dat die Leliefontein-slagting op die beginsels van rasisme uitgevoer is, en dit bly steeds ‘n uitdaging vir die demokrasie van die land.

Bernadine Hearn

Related post