Namakwaland se eie Jetsetters, Esau en Schmidt!

 Namakwaland se eie Jetsetters, Esau en Schmidt!

Die “Global Entrepreneurship Congress” vergader jaarliks met duisende entrepreneurs, beleggers, navorsers, beleidmakers en ander leiers en kampioene van meer as 170 lande.

Dit is ‘n merkwaardig jaar vir Namakwaland nadat twee van sy eie entrepreneurs onlangs hul plekke by hierdie geleentheid verseker het.

Die twee jong mans het ‘n kans gevat  op hul besigheidsidees en geniet nou die vrugte van hul harde arbeid.

Die alombekende “Gamechanger”, Justin Esau is geen vremdeling wanneer dit kom by besigheids mislukkings nie, en wat uitstaan is die eenvoudige feit dat hy nie bly lê nie.

“Ek het talle struikelblokke in die gesig gestaar en deure wat toegeswaai het, maar ek het nie toegelaat dat dit veroosaak dat ek ophou in myself geglo het nie.”

Hy het sy kennis verder verbreed in die besigheidswêreld en geleer hoe om beter manière te vind om sy klein besigheid verder te laat groei.

Talle besighede op Springbok en selfs in die Noord-Kaap maak staat op Esau om hul besighede te bemark.

Die stigter van ‘n ander nuwe klein besigheid is Gustave Schmidt, waar hy sulfaatvrye ‘Kalon’ produkte produseer.

Schmidt sê dat hy verskriklik baie by die kompetisie geleer het.

“Ek is veral opgewonde dat ek die besluit geneem het om my eie besigheid te begin,” vertel Schmidt.

Hy noem dat daar baie hulp beskikbaar is vir jongmense wat hul eie besighede op die been wil bring.

“Mens sal nooit weet as jy nie die kans waag nie, soos die spreekwoord sê, ‘Wie nie waag nie, sal nie wen nie’.”

Schmidt sê dat jy opofferings moet maak en jy sal die vrugte daarvan pluk.

Op ‘n stadium het beide Esau en Schmidt gedink dat hulle ‘n stopstraat in hul lewens bereik het, toe hulle nie die kompetisie in Pretoria gewen het nie. 

Min het hulle geweet dat hulle Namakwaland internasional sal kan verteenwoordig by so ’n gesogte geleentheid.

Namakwalanders wens hierdie twee jongmanne alle sterkte toe wat Namakwaland se naam omhoog hou.

Azelle Engelbrecht

Related post